90ste Oscar-toekenningsaand

  90ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 4 Maart 2018
Plek Dolby-teater, Hollywood
Aanbieder Jimmy Kimmel
Pryse & benoemings
Beste rolprent  The Shape of Water
Beste regisseur  Guillermo del Toro
Beste akteur  Gary Oldman
Beste aktrise  Frances McDormand
Meeste pryse  The Shape of Water (4)
Meeste benoemings  The Shape of Water (13)

Die 90ste Oscar-toekenningsaand is op 4 Maart 2018 deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om erkenning te gee aan die rolprente van 2017.[1] Die komediant Jimmy Kimmel was vir die tweede keer die aanbieder.[2] Die seremonie is op 4 Maart 2018 gehou in plaas van laat in Februarie soos gewoonlik sodat dit nie met die Olimpiese Winterspele 2018 bots nie.[3]

The Shape of Water het die meeste Oscars (vier) gewen, onder meer dié vir beste rolprent en beste regisseur. Dunkirk het drie gewen, en Blade Runner 2049, Coco, Darkest Hour en Three Billboards Outside Ebbing, Missouri twee elk. Die prente Call Me by Your Name, Dear Basketball, A Fantastic Woman, Get Out, Heaven Is a Traffic Jam on the 405, I, Tonya, Icarus, Phantom Thread en The Silent Child het een elk gewen.

  1. "90th Annual academy Awards". Besoek op 12 Desember 2017.
  2. Thompson, Anne (16 Mei 2017). "Jimmy Kimmel Returning to Host the 2018 Oscars". Collider (in Engels). Complex. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2019. Besoek op 17 Mei 2017.
  3. "Academy Awards dates set through 2021; Winter Olympics bump 2018 Oscars to March". Los Angeles Times. 4 April 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search